Bejaarde man sterf in ongeluk – strafbare manslag ondersoek

Lees ook :

Foto: Port Elizabeth Traffic Updates

OOS-KAAP. – ‘n Man (80) is vanoggend (Woensdag) dood toe die voertuig waarin hy gery het, in ‘n ongeluk op die N2 tussen Mondplaas en Jeffreysbaai betrokke was.

AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring ’n botsing tussen ’n vragmotor en ’n VW Tiguan het omstreeks 04:30 plaasgevind, waarna die Tiguan onmiddellik ná die impak aan die brand geslaan het. Die oorledene was die bestuurder en die enigste persoon in die voertuig.

Nkohli sê dat ’n saak van strafbare manslag is geopen is om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Volgens Port Elizabeth Traffic Updates het beide die voertuie aan die brand geslaan.

Bronne: SAPD en Port Elizabeth Traffic Updates

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief