Bejaarde veilig van berg gered

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – ’n Bejaarde man (78) is Maandag suksesvol van ’n bergkrans in die Mabolela-gebied naby QwaQwa gered nadat hy gegly, geval en die nag op ‘n rotsbank vasgekeer was.

Luidens ’n verklaring deur polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het die man, Tumo Mahlangu, Maandagmiddag kort ná 16:00 die Phuthaditjhaba-gemeenskapsdienssentrum per selfoon gekontak om hulp te ontbied. ’n Gesamentlike reddingsoperasie, bestaande uit lede van die polisie, brandweer, nooddienste en ander reddingspesialiste, is van stapel gestuur. Die polisie se lugvleuel, honde-eenhede en paramedici het ook by die operasie aangesluit.

Mahlangu is veilig van die krans af gehys en op die toneel medies ondersoek voordat hy na die Mofumahadi Manapo Mopeli-streekshospitaal vervoer is. Hy het geen frakture opgedoen nie en is in ’n stabiele toestand verklaar. Volgens die polisie het Mahlangu gesê hy het ’n belangstelling in die natuur en het Maandag vir die eerste keer die berg uitgeklim.

Kol. Moeketsi Phiri, bevelvoerder van die polisie se lugvleuel, het die reddingspan geloof vir hul doeltreffende samewerking en die suksesvolle afloop van die operasie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief