Bekende SA-mode-ontwerper sterf

Lees ook :

Foto: Henja Schaap

Henja Schaap, oftewel Skapie, bekende SA-mode-ontwerper, is oorlede, vermoedelik aan ‘n hartaanval. Schaap, oorspronklik van Kimberley en ‘n oud-leerling van Hoërskool Diamantveld, sal altyd vir sy droomskeppings van matriekmeisies en bruide onthou word.

Schaap het nog op 5 November ‘n plasing op Facebook gemaak oor sy ma se afsterwe 20 jaar gelede.

Nuusblad het Schaap se afsterwe bekendgemaak. Thomas Thomson, nog ‘n SA-mode-ontwerper, het onthou hy het na Schaap opgesien: “Ek is seker meeste van julle het reeds gehoor. Ons het 35 jaar saam gewroeg in die bedryf. As ek hom raakloop dan sou hy sê: ‘Ag nee wat hoor, ek is soooo gatvol’. Lol. Hy was maar net Henja. Sherese het hom in die laaste dae met baie liefde toegegooi. Sy pad het op die regte tyd met haar gekruis. Op skool het ek al opgekyk na hom en dit was vir my n voorreg om so baie bruidskoue saam met hom te kon ervaar.”

Verskeie vriende het reeds boodskappe van medelye op sosiale media geplaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief