Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld waarsku ouers teen lasers op sosiale media nadat sy seun byna sy sig verloor het nadat ’n laserlig in sy oog geskyn is.
Van Jaarsveld skryf: “Nie gedink ek gaan dit deel nie, maar ek voel ek moet om mense te waarsku. Nooit weer wil ons dit ervaar nie. My seun Leben het 90% sig verloor as gevolg van ’n onskuldige laser wat in sy oog geskyn was. Ons het lank terug so gebid en gesmeek en vertrou, want daar was vir ons gesê hy gaan sy oog verloor en daai gevoel wat ’n ouer ervaar as hulle dit hoor kan ek nie beskryf nie… maar na ’n paar opinies, dank die Vader ons het by die regte dokter uitgekom, dr. B Wolff, en hy kon sy oog red met ’n suksesvolle operasie. Die dokter self het gesê dit is ’n wonderwerk, want min mense se oë kan gered word na so iets. So ons prys God vir dit! Ouers… breek daai lasers.”







