KWAZULU-NATAL. – Mike Pryor (56), ‘n boer van die plaas Kwa Heri in die Indezi Vallei, wat Saterdagaand uit sy huis ontvoer is, se liggaam is onherkenbaar verbrand in die bagasieruim van ‘n uitgebrande voertuig se kattebak op ‘n weidingplaas ontdek.
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die Mpophomeni-polisie het Sondagoggend rapportering van ‘n uitgebrande voertuig ontvang, waarna die liggaam tydens ondersoek ontdek is. ’n Ondersoek op die toneel het die identiteit van die voertuigeienaar aan die lig gebring. Daar is verder vasgestel dat die eienaar van die voertuig vroeër in Nottingham Road as ontvoer aangemeld is. ‘n Moordsaak word ondersoek.
Die motief vir die moord is tans onbekend, en die soektog na die verdagtes is aan die gang. ‘n Gewese werker word glo gesoek.

Bronne: SAPD, Umngeni Plaaslike Munisipaliteit





