Boer dood ná rooftog op kleinhoewe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ‘n Boer (65) se lewelose liggaam is vanoggend (Dinsdag) op ‘n kleinhoewe op die R102 aangetref. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en huisroof.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, AO Majola Nkohli, is die polisie omstreeks 01:30 na ’n klagte van ‘n rooftog op die kleinhoewe ontbied. Op die toneel is die lewelose liggaam met oop wonde aangetref. Die identiteit van die oorledene word voorlopig teruggehou totdat ’n formele identifikasieproses afgehandel is.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagtes om speur.kapt. Smit by 071 352 4623 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief