Boer oorleef 2 skote tydens plaasaanval – 5 vandag in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – Willie Bredenkamp (43), sy vrou Mishka (43) en tienerseuns, onderskeidelik 13 en 14 jaar oud, is Dinsdagoggend op hulle plaas in Swartruggens aangeval, waartydens twee skote uit ‘n verdagte vuurwapen hom gemis het. Altesaam vyf verdagtes is in hegtenis geneem en sal vandag (Donderdag) op aanklagte in die plaaslike landdroshof verskyn.

Kol. Adéle Myburgh sê aan Nuusflits die misdaad het vroegoggend plaasgevind. Bredenkamp en sy vrou het wakker geskrik toe daar reeds twee verdagtes met ‘n vuurwapen in hulle slaapkamer was. Die verdagte met die vuurwapen het op Bredenkamp geskiet, maar hy is nie getref nie. Hy het opgevlieg en die booswig met die vuurwapen vasgegryp. Tydens ‘n struweling van Bredenkamp en altwee die verdagtes om beheer oor die vuurwapen te kry, het sy vrou hulle twee tienerseuns gegryp en is met die gesinsvoertuig na hulle ouers daar naby om hulp te ontbied. Intussen kon Bredenkamp self in sy voertuig wegkom en die verdagtes het van die toneel gevlug.

Alle rolspelers in die omgewing, wat boere en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) met ‘n hommeltuig insluit, is geaktiveer. Twee verdagtes is op die plaas in hegtenis geneem. ‘n Voertuig met ‘n bestuurder, wat glo aan die misdaad verbind kon word, is later voorgekeer. Nadat inligting opgevolg is, is nog twee verdagtes in Koster in hegtenis geneem en daar is ook op ‘n vuurwapen beslag gelê.

Bredenkamp het volgens Myburgh tydens die struweling beserings opgedoen, wat houe oor sy kop, steekwonde met ‘n skroewedraaier en bytmerke insluit. Hy het mediese behandeling van ‘n dokter ontvang, maar was nie gehospitaliseer nie.

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en poging tot huisroof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief