Bok van Blerk, oftewel Louis Pepler, het gister gesê die ligte vliegtuig waarin hy was moes ‘n noodlanding op ‘n plaas in Sutherland maak. In ‘n sosialemediaplasing op sy amptelike Bok van Blerk Facebook-blad sê hy die noodlanding was weens ‘n verlore brandstrofprop.
Die sanger het foto’s van hom en die landskap, ligte vliegtuig, vlieënier en die plek van die vermiste brandstofprop op die vliegtuig se vlerk gedeel.
“Noodlanding op plaas na ons brandstofprop verloor…”







