GREATER MANCHESTER, VK. – Die Britse bokskampioen Ricky Hatton is gister in sy huis in Greater Manchester dood gevind.
Lees ook: Roemenië gaan ambassadeur ondervra ná Russiese hommeltuig lugruim binnedring
Die polisie het gesê hulle is deur ‘n lid van die publiek geskakel om na ‘n woning in Bowlacre-pad te gaan waar Hatton (46) se liggaam gevind is. Volgens die polisie is daar geen rede om te glo daar is enigiets verdag aan Hatton se dood nie.
Hatton het eers in 1997 begin boks en het in 2009 afgetree. Hy het tydelik in 2012 weer geboks, maar het toe sy loopbaan geëindig met ‘n professionele rekord van 45 wenne en drie verlore.
Bronne: Metro, BBC, The Sun
Lees ook: Roemenië gaan ambassadeur ondervra ná Russiese hommeltuig lugruim binnedring