Busbestuurder kon passasiers red ondanks hartaanval

Lees ook :

Busbestuurder kon passasiers red terwyl hy hartaanval gehad het fotokrediet: X

MARYLAND, VSA. – ’n Busbestuurder van Maryland is geprys na hy verlede week sy passasiers kon red deur die bus veilig tot stilstand te bring ten spyte daarvan dat hy ’n hartaanval gehad het wat hom sy lewe gekos het.

Lees ook: Google waarsku Gmail-gebruikers oor diefstal van wagwoorde

Ruize Bell (63), sedert 2012 ’n busbestuurder, het Woensdag ’n hartaanval gehad terwyl hy besig was om ’n bus te bestuur. Hy kon aftrek en het die bus veilig parkeer voor hy sy laaste asem uitgeblaas het.

Passasiers het vir hulp gebel, maar hy kon nie gered word nie. Sy familie en kollegas het gesê hy was ’n held en het in sy laaste oomblikke gekeer dat nog mense moontlik seerkry.

Bronne: The Independent, Daily Voice, Today

Lees ook: Google waarsku Gmail-gebruikers oor diefstal van wagwoorde

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief