KWAZULU-NATAL. – ‘n 2-jarige meisie wat Maandag per ongeluk in haar ma se motor in Inhlaba Grove, in Waterloo, toegesluit is, is deur Rusa-reaksiebeamptes bevry.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die kleuter se ma het ongeveer 09:40 die beheerkamer gebel en gesê sy het haar dogter per ongeluk toegesluit. Sy het ‘n slotmaker gebel, maar dié het na twee uur steeds nie opgedaag nie. Reaksiebeamptes wat reageer het, het nie net gesien die kleuter is in haar veiligheidsbabastoel op die voorste sitplek vasgemaak nie, maar ook dat die motorsleutel op die bestuurdersitplek van die Hyundai Atos lê.
Rusa sê reaksiebeamptes het die deur gemanipuleer en ‘n draad gebruik om die motor oop te sluit en die kind uit te haal.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





