Google waarsku Gmail-gebruikers oor diefstal van wagwoorde

Lees ook :

Waarskuwing uitgereik aan Gmail gebruikers oor wagwoord-stelery fotokrediet: Canva

Google het ’n waarskuwing uitgereik oor ‘n uitvisskema wat daarop gemik is om jou Gmail-wagwoord te steel, maar het gesê as jy by jou rekening uitgesluit word, het jy sewe dae om weer toegang te kry.

Lees ook: Waarskuwing uitgereik aan Gmail-gebruikers oor nuwe bedrogskema

Google stel voor jy moet ’n selfoonnommer of ander e-posadres gebruik waarmee jy jou identiteit deur sekuriteitsvrae kan bevestig om toegang tot jou rekening te kry indien jy uitgesluit word.

Die aankondiging volg na Nick Johnson, ’n ontwikkelaar vir die kriptogeldeenheid Ethereum, gewaarsku het oor ’n uitvisskema waarmee jy ’n boodskap van ‘n e-posadres wat lyk soos Google, kry, en jy dan toegang tot jou rekening opgee.

Google het gesê hulle het hulle sisteem aangepas om die uitvis-aanval te keer en het mense herinner Google sal nooit vra vir jou rekeninginligting nie en Google sal jou ook nie bel nie.

Bronne: Daily Mail, The Sun, Forbes

Lees ook: Waarskuwing uitgereik aan Gmail-gebruikers oor nuwe bedrogskema

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief