Capetrain-sneltreinnetwerk – ’n ambisieuse visie vir stedelike vervoer vir Kaapstad?

Lees ook :

Kunstenaarsvoorstelling van voorgestelde projek- Gareth Ramsey

Die voorstel vir ’n verhoogde Capetrain beloof ’n  vervoerstelsel wat die toeris, dagwerker, student en inwoner bevoordeel.

“Die Capetrain-netwerk kan Kaapstad se ekonomie ’n groot hupstoot gee,” sê senior ingenieur, Gareth Ramsey. Ramsey is aan die stuur as  die outomatiseringsingenieur van die voorgestelde projek.

Ramsey sê die projek kan Kaapstad se posisie as ’n wêreldklas-bestemming verder versterk.”

Kaapstad gebruik sedert die 1960’s  dieselfde uitleg spoorstelsel met beperkte verbetering wat die afgelope 35 jaar aangebring is. Die MyCiTi-busdiens bied nie ’n oplossing vir die afstande wat mense moet reis nie.

Ten spyte van die verkeersopeenhopings is dit steeds vir motoreienaars doeltreffender om per motor te reis.

Die Capetrain-projek kry openbare steun en is aantreklik vir beleggers. Ramsey sien nie onoorbrugbare struikelblokke wat finansiering, tegniese haalbaarheid en grondbeskikbaarheid betref nie.

Hy sê dat die enkelma wat nou om 04:00 moet opstaan en eers om 21:00 by die huis kom, tyd met haar familie kan deurbring. “Mense sal toegang kry tot dele van die stad waartoe hulle nog nooit tevore toegang gehad het nie.”

’n Verhoogde trein wat bo die stad beweeg, kan selfs ’n ervaring op sigself word, met uitsigte oor Tafelberg, die oseaan en die middestad.

Die projek het 92% positiewe terugvoer van die eerste openbare deelnameproses ontvang.

Intussen bly dit ’n voorstel en die volgende stappe sal bepaal of hierdie projek werklik tot stand kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief