VSA. – Volgens Utah se goewerneur, Spencer Cox, bied die Charlie Kirk-moordverdagte “geen samewerking” aan owerhede nie en het nie erken dat hy die moord gepleeg het nie.
Lees ook: Pa en jeugpastoor oortuig Charlie Kirk-moordverdagte om hom aan polisie oor te gee
Tyler Robinson (22) is in hegtenis geneem vir die moord op Charlie Kirk nadat sy pa en ‘n jeugpastoor hom oortuig het om hom by die polisie aan te meld.
Cox het gesê mense na aan Robinson bied hulle samewerking met die ondersoek. Hy beweer Robinson, ‘n Mormoon van Utah, was beïnvloed deur ‘n “linksgesinde” ideologie”. Cox baseer sy bewering op inligting wat deur Robinson se familie en vriende aangebied is.
Robinson sal Dinsdag in die hof verskyn om aangekla te word.
Bronne: BBC, Euronews, ABC News
Lees ook: Pa en jeugpastoor oortuig Charlie Kirk-moordverdagte om hom aan polisie oor te gee