DBV doen huis tot huis besoeke nadat vrou noodlottig verskeur is

Lees ook :

Foto: DBV Kaap van Goeie Hoop

WES-KAAP. – Die Kaap die Goeie Hoop-DBV het ’n huis tot huis uitreikaksie saam met Stad Kaapstad se wetstoepassingseenheid vir dierebeheer in Beacon Valley gehou nadat ‘n vrou (44) op 28 Januarie noodlottig deur haar eie honde in haar agterplaas aangeval is. Die fokus was nie net op dierewelsyn nie, maar ook op die vrees wat nou onder inwoners heers.

Dié DBV sê in ‘n verklaring verskeie huishoudings het erken dat hulle onseker en bang voel, selfs vir hul eie honde, al het dié geen geskiedenis van aggressie nie. Een inwoner het gesê sy oorweeg om haar twee honde af te staan uit vrees vir haar kleinkind se veiligheid. “Ek is lief vir hulle, maar ek wil eerder veilig wees,” het sy aan DBV-spanne gesê.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, is die vrou in Maralizestraat, Morgenster, Mitchells Plain aangeval. Die polisie is kort voor 14:00 na ‘die’n klagte van ‘n honde-aanval ontbied. Met hul aankoms is die slagoffer reeds in ‘n privaat voertuig hospitaal toe geneem. Die polisie het inligting oor die die aanval van omstanders verkry. Bure het glo probeer om die honde van die oorledene weg te trek, maar kon nie daarin slaag nie. Sy is later in die hospitaal aan haar beserings oorlede.

’n Ondersoekdossier is geopen om die omstandighede van die vrou se dood te bepaal. Die twee honde is intussen deur wetstoepassingsbeamptes verwyder.

Volgens Belinda Abraham, DBV-woordvoerder, laat sulke voorvalle ’n diep emosionele letsel. “Vrees verander hoe mense oor hul diere en hul veiligheid by die huis voel. Ons het gekom om te luister en praktiese ondersteuning te bied.” Tydens die uitreikaksie is diere ingeënt en vir sterilisasie geregistreer. Vier honde is weens veiligheidskwessies deur hulle eienaars afgestaan. Die DBV sê hulle sal verder betrokke bly om inwoners te help om weer veilig te voel.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief