Die goue munt #100 gaan onder die hamer

Lees ook :

Foto: Fanie Nel

GAUTENG. – Die laaste en mees gesogte munt van die Afrikaans is 100-herdenkingsreeks, Munt #100, sal op 15 November tydens ’n privaat veiling aangebied word. Die veiling word in samewerking met Laeveld Agrochem en die Afrikaans is Groot-konsertreeks gehou.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die reeks bestaan uit slegs 100 goue munte, wat vroeër vanjaar geslaan is om die eeu van Afrikaans as amptelike taal te herdenk. Volgens die borg van die projek het die beperkte Afrimunt-versameling, wat goud, silwer en brons insluit, die afgelope ses maande merkwaardige styging in waarde getoon. Goud het met 16% gestyg, terwyl silwer met 41% toegeneem het.

“Dit is nie net ’n belegging nie – dit is om ’n stukkie geskiedenis te besit,” sê een van die vroeë versamelaars. Die goue munte is vinnig deur beleggers en versamelaars opgekoop en die kollig val nou op Munt #100, wat vir die eerste keer onder die hamer gaan. Voorbiebod is reeds oop via Bassanis Auction House.

Vir dié wat nie ’n goue munt kon bekom nie, is daar steeds ’n beperkte hoeveelheid silwer en brons munte beskikbaar vir voorafbestelling by www.afrikaansis100.co.za, www.wowbuy.co.za, en tydens die naweek se Afrikaans is Groot-konserte.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief