Vroedvrou-spesialiste in Suid-Afrika word opgelei om gespesialiseerde vroedvroukundige sorg te lewer en konsentreer op natuurlike en veilige geboorteprosesse waar moontlik.
Vroedvrou-spesialiste beskik oor gespesialiseerde kennis en vaardighede en het ‘n reeks protokolle en prosesse in plek in die verrigting van hulle take.
Uitdagings
Gesondheidsorg in Suid-Afrika is onder groot druk. Verpleegpersoneel staar uitdagings soos lang werksure, personeeltekorte, hulpbron tekorte, groot pasiënt volumes en hoë pasiëntverwagtinge in die gesig.
Vroedvroue Suid-Afrika is geen vreemdeling vir dieselfde hoëdruk-situasies nie. Binne minute, soms sekondes moet besluite geneem word. Hierdie besluite kan die gesondheid en selfs die lewe van ’n moeder en haar baba beïnvloed.
Toenemende medies-regtelik kwesbare posisie vir Vroedvroue
Mediese litigasie neem wêreldwyd toe en word ’n groeiende uitdaging. Die eise wat met vroedvrouverwante toestande gepaard gaan, asook die veelvuldige verantwoordelikhede van die vroedvrouspan, dra by tot die moontlikheid van medies-geregtelike sake.
In Suid-Afrika is Vroedvroue onderhewig aan streng regulasies, insluitend registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleging (SANC). Dit is ’n vereiste en ’n kernverantwoordelik dat die Vroedvrou professionele riglyne, etiese kodes en toepaslike wetgewing moet nakom.
Volgens data voorsien deur die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SANC), het vroedvrouverwante sake in 2021 ongeveer 30% van alle professionele gedragsake uitgemaak wat aangehoor is en wat verpleegkundiges en vroedvrou-spesialiste betrek het. Vroedvroukunde maak dus ’n groot deel van professionele sake uit en kom nou ook al hoe meer onder die soeklig.
Wanneer dinge verkeerd loop, word daar ondersoek ingestel na die idenifisering en bestuur van risikofaktore en word die vraag gevra – Was alle professionele riglyne nagekom?
Vroedmeester en verpleeg spesialis Sydney Grové, ‘n hoog aangeskrewe leier in Suid-Afrikaanse verpleging sê dat foute wel kán insluip en, “niemand is perfek nie. Baie faktore, paniek en selfs hoë emosionele pasiënt verwagtinge kan ’n Vroedvrou se oordeel beïnvloed.”
Pasiënte het ook groter bewustheid van regte en het meer toegang tot regsverteenwoordiging. Baie dikwels, is aanklagtes ook gekoppel aan oppertunistiese aangeleenthede.
Grové is onder anderree ook ‘n deskundige getuie in die Hoogeregs Howe in Suid-Afrika.
Vroedvrou Medies-Regtelike Risiko Seminaar
Grové, stigter van GroveMedi Consulting, (Grove Medi-Consulting Pty Ltd) , ’n ondderrig fasilitiets onderneming vir verpleeg- en vroedvrou personeel, het ’n passie vir opleiding en die beroep van verpleegkunde.
“Ek wil ’n verskil maak,” gesels Grové oor sy keuse in loopbaanrigting.

Hy het as klein seuntjie reeds ’n belangstelling getoon in die ritging en het uiteindelik in sy Ouma, ’n voormalige Vroedvrou se spore gevolg. Een van sy gunsteling tydverdrywe as kind was om dooie verkleurmannetjies oop te sny en, “en te soek na die babas.” Hy vertel laggend dat dit gewoondelik gepaard gegaan het met ’n loesing.
Grové het al meer as 25 000 babas in sy loopbaan in die lewe gebring. Hy is ‘n geregistreerde assessor en moderator by die uid-Afrikaanse Raad op Verpleging en beskik hy oor uitgebreide ervaring in vroedvroukunde, kliniese fasilitering en gesondheidsorg konsultasie, ingesluit voorgeboorte beplanning en swangerskap voorberieidng.
Hy spreek die probleem aan van ‘n tekort aan opleiding en mentorskap, “dit is grootendeelds die oorsaak van die groot aantal medies-regtelike sake wat tans in die howe hanteer word.
Op 13 Februarie 2026, fasiliteer Grové ‘n Vroedvrou Medies-Regtelike Risiko Seminaar in Kaapstad, “die eerste van sy soort,” sê hy. Vir Grové lê die seminaar hom na aan die hart en is iets wat broodnodig is in die veld van Vroedvrouparktyke.
Tydens die geleentheid sal verskeie punte aangeraak word, nie net deur Grové nie, maar ook mediese regskenners, Justin Malherber en Annemie Greeff. Die seminaar se hoofborg, Nutricia sal ook ’n praatjie lewer, en, “’n Pediatriese dieëtkundige, Kath Megaw, gaan ook insette lewer,” verduidelik Grové.
Punte van bespreking is onder andere
- Emosionele intelligensie
- Die wetlike en regsaspekte van vroedvroupraktyk
- Die Vroedvrou krisis
- Rekordhouding
- Begrip van die regsstelsel vir Vroedvroue
- Insident verslae
- Verloskundige noodgsituasies
Deurentyd sal beeldmateriaal gewys word.
Om te bespreek, stuur ’n e-pos na: info@groveconsulting.com of kontak: 021 0018 195

Ten slotte
Vroedvroue bevind hulself in ’n toenemend ligitasie-gedrewe omgewing en kan dit nie bekostig om onbewus te wees van hulle medies-geregtelike verantwoordelikhede nie.
Die onus berus op die Vroedvrou om aanspreekliheid te aanvaar, maar ook vertroue met die pasient en die gesondheidsorgstel as geheel te behou. Die seminaar is dus van groot nut en waarde vir enige gewalifiseerde Vroedvrou.
Grove sê ten slotte dat, kennis, voorbereiding en etiese praktyk bly die beste beskerming.
”Volg die voorgeskrewe prtokols van die inrigting waar jy werksaam is, asook die Regualsies van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging.”
Bronne:
https://pmc.ncbi.nlm.nih.gov/articles/PMC12067625
https://www.grovemediconsulting.com





