Die Vrywilligers

Lees ook :

Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, om ’n ambulans na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as verpleegsters.

Dokter Campbell se seun, Rory, onderbreek sy mediese studies in Skotland om by die ambulanspoging aan te sluit. Op pad na Pretoria ontmoet hy drie Russe wat as vrywilligers aan die Boerekant gaan veg, insluitend Ivan van Sint Petersburg.

Soos die oorlog groei en baie gewondes in Eleanor se sorg kom, word haar geloof geskud deur die gruwels van die oorlog, die geweld en die verlies. Wanneer Ivan in die Slag van Elandslaagte gewond word, versorg Eleanor hom. Gedurende hierdie tyd raak hulle verlief, maar hulle besef gou dat daar te veel struikelblokke tussen hulle liefde staan. Tydens die onrus van die oorlog word Eleanor mislei en sy glo dat Ivan gesterf het.

Ná die oorlog bly Eleanor ongetroud en help sy haar moeder as vroedvrou in haar praktyk. Maar, in 1919, verskyn Ivan weer …

Oor die skrywer:

Dr Malene Breytenbach het in Zimbabwe gewoon totdat sy veertien jaar oud was. Haar gesin het toe na Pretoria verhuis waar sy matrikuleer het aan die Afrikaans Hoër Meisieskool. Sy het twee grade by die Universiteit van Pretoria verwerf, ’n BA (met hoofvakke Engels en Frans) en BA (Hons) (Engels) en het ook as vertaler gewerk. Malene en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch voortgesit het en verdere grade verwerf het in Hons, Magister en DPhil in Joernalistiek, Meester in Antieke Nabye Oosterse Studies en MPhil in Antieke Studies. Malene het ook by die Universiteit van Stellenbosch gewerk, eers in Openbare Betrekkinge, toe Kommunikasie en daarna die Stellenbosch-stigting. Oor die jare het Malene al meer as sestig boeke en verskeie kortverhale geskryf.

WAT MAAK HIERDIE BOEK ANDERS?

Die vrywilligers is ’n hartroerende historiese roman wat teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog afspeel en ’n verhaal van liefde, verlies, veerkragtigheid en geloof weef. 


Die Vrywilligers deur Malene Breytenbach is beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn op die webtuiste: https://loom.ly/vHQvDLU.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief