Dit is wat jy van Dinsdagaand vir brandstof gaan betaal

Lees ook :

Fotokrediet Canva

Die departement van energie het einde verlede maand die amptelike petrol- en dieselprysveranderings vir Januarie 2023 bevestig – en motoriste kan weer asemhaal na die nuus!

Die prys van petrol sal met ‘n allemintige R2,06 per liter vir beide 93 en 95 oktaan daal, terwyl die 0,05% dieselprys met R2,69 per liter en die 0,005% dieselprys met R2,81 sal daal.

Die veranderinge tree om middernag op Dinsdag 3 Januarie in werking.

As jy dit kan vermy om vandag of môre deur die dag vol te maak – doen dit!

Petrol is nou die goedkoopste wat dit was sedert Februarie 2022 toe Rusland se inval in die Oekraïne ‘n styging in oliepryse veroorsaak het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App