Fergie se Sarah’s Trust gesluit ná nuwe onthullings in Epstein-lêers

Lees ook :

Foto: Pierre, Sami & Roxi Cola

Sarah’s Trust, die internasionale liefdadigheidsorganisasie wat deur Sarah Ferguson, die eksvrou van Andrew Mountbatten-Windsor en voormalige hertogin, op die been gebring is, sal vir eers sluit ná “maande van beraadslaging”.

Die organisasie het met sowat 60 ander organisasies saamgewerk om opvoeding, gesondheidsorg, krisisbestuur en omgewingsprojekte na meer as 20 lande te neem.

The Guardian berig dit volg op die bekendmaking van sowat 3 miljoen lêers met besonderhede oor wyle Epstein se verbintenis met ryk en invloedryke persone Die lêers bevat e-posse tussen Sarah Ferguson en Epstein, die meeste daarvan ná 2008 gestuur, nadat Epstein skuldig bevind is aan die seksuele misbruik van minderjarige meisies.

In 2009 sê Ferguson in ‘n e-pos aan Epstein dat hy die broer is waarvoor sy altyd gehoop het. In 2011 word hy met ‘n babaseun se geboorte gelukgewens en sy beskuldig hom dan daarvan dat hy net vriende met haar was “… om Andrew by te kom”.

Koning Charles het die voormalige Hertog van York verlede jaar van sy titels gestroop ná die nadoodse publikasie van ‘n boek deur Virginia Giuffre, waarin sy verklaar het dat sy op 17 deur Epstein en sy voormalige meisie, Ghislaine Maxwell, vir seks verhandel is.

Bronne: The Guardian, InDaily.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief