Gauteng verskerp ingrypings om waterprobleme hok te slaan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die provinsiale regering het gekoördineerde ingrypings verskerp om die volgehoue waterprobleme in dele van Johannesburg, Ekurhuleni, Tshwane en Mogale City aan te spreek. ’n Operasionele sentrum is onder leiding van die LUR, Jacob Mamabolo, gevestig om dringende ingrypings te prioritiseer.

Volgens ‘n verklaring wat Vrydag uitgereik is, word die waterprobleme veroorsaak deur verouderde infrastruktuur, hoë aanvraag, lekkasies, kragonderbrekings wat pompvermoë raak en instandhoudingsagterstande. Die provinsie werk saam met die departement van water en sanitasie, COGTA, Rand Water en munisipaliteite om watertoevoer te stabiliseer en stelselweerbaarheid te verbeter. Die minister, Pemmy Majodina, adjunkminister David Mahlobo en COGTA-minister Velenkosini Hlabisa is betrokke by toesig en koördinering.

Belangrike maatreëls sluit die versnelde herstel van lekkasies, opknapping van pompstasies en reservoirs, vervanging van verouderde pyplyne, drukbestuur in hoëverbruiksgebiede, tegniese ondersteuning aan munisipaliteite en die herprioritisering van infrastruktuurbegrotings in.

Die provinsie erken dat langtermynoplossings, insluitend infrastruktuurvernuwing en beter munisipale kapasiteit, noodsaaklik is om herhalende waterprobleme finaal op te los. Inwoners word intussen aangemoedig om water spaarsaam te gebruik terwyl ingrypings voortgaan.

Lees die volledige verklaring hier onder.

Screenshot
Screenshot

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief