Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir dele van Gauteng en Limpopo vir vandag uitgereik. Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, hael, skade aan infrastruktuur en bome wat omval.
Lees ook: Andrew deur koning Charles van laaste titels gestroop
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms is vir vandag vir dele van Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal uitgereik. Ook hier is ‘n moontlikheid van oorstromings, sterk wind, hael, skade aan infrastruktuur en bome wat omval.
Die weerdiens herinner die publiek om lopende water en paaie wat oorstroom het, te vermy. Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bron: SAWD
Lees ook: Andrew deur koning Charles van laaste titels gestroop





