Brekende Nuus
Diere

Grootste veldbrand in België se geskiedenis woed voort

BELGIË. – Sowat 250 nooddienspersoneellede is tans besig om die vlamme in vermoedelik die grootste veldbrand in België se geskiedenis te bestry. Koning Philippe van België sou vanoggend die gebied besoek wat deur die brand geraak is, ná ’n naweek van intensiewe brandbestryding in die Hautes Fagnes-natuurreservaat.

Die brand woed sedert Vrydagmiddag en het volgens voorlopige syfers reeds meer as 3 000 hektaar grond vernietig.

Die vuur het oor die naweek al nader aan die Duitse grens beweeg, waarna dele van die dorp Monschau uit voorsorgmaatreëls ontruim is.

Veldbrande woed ook steeds in Frankryk, Spanje, Portugal, Griekeland en Kroasië.

Bronne: The Guardian, RTL Today