Hisense Suid-Afrika skenk R240 000 vir sokkerster:

Lees ook :

Kaapstad

Hisense SA het ‘n borgskap van R240 000 toegeken aan ʼn 12-jarige sokkerster in wording. Die doel is om die sportman te ondersteun in sy droom om in die Europese ligas te speel. Die borgskap sal die skoolgeld van die Real Madrid-stigting se mees talentvolle Suid-Afrikaanse sokkerspeler vir die volgende vyf jaar dek.

Dié aankondiging is op Maandag, 29 September, gemaak tydens Hisense SA se premium produkvertoning by die prentjiemooi Groot Constantia in Kaapstad.

Verskeie jong sokkerspelers van die Real Madrid-stigting was teenwoordig om die geleentheid by te woon. Jevron Epstein, uitvoerende hoof van Generation Schools en president van die Real Madrid-stigting Suid-Afrika, het die tjek in ontvangs geneem.

Hisense SA wil bemagtig

Luna Nortjie, Adjunk Algemene Bestuurder van Hisense SA het gesê Hisense is trots daarop om ‘n rol te speel in hierdie jong speler se pad na die Europese ligas. Sy het ook Hisense SA se verbintenis en lankstaande vennootskap met die Real Madrid-stigting bekragtig.

“Hisense belê nie nie in innovasie nie, maar ook in die jeug se toekoms. By Hisense glo ons daarin om die volgende generasie te bemagtig, hetsy deur baanbrekende tegnologie of deur jong Suid-Afrikaners te ondersteun in die strewe na hul drome.”

Nortje het voorts gesê dat Hisense die konsep van, “learn, earn and return” toepas en ander maatskappy uitgedaag om ook in hulle gemeenskappe te belê.

Verskeie leerprogramme wat nie net fokus op basiese werk nie, maar op tegnologie, innovasie en globaal mededingende vaardighede word vir jongmense deur Hisense SA aangebied. Hisense skroom ook nie om hulp aan gemeenskappe en organisasies te bied nie. Hisense SA steun gemeenskapsontwikkeling, sport en onderwys, waarvan die vennootskap met die Real Madrid-stigting deel vorm

Tydens die glans geleentheid het is Hisense SA se mees gevorderde produkreeks tot nog toe ook onthul. Dit het die onthulling van die grootste TV in Suid-Afrika, die 116-duim RGB-Mini-LED TV  ingesluit. Gaste is tydens die aand bederf met ‘n indrukwekkende vertoning van Hisense se premium produkte. Onder die produkte was die Hisense Canvas TV, ‘n slim yskas met KI-tegnologie (Kunsmatige Intelligensie-tegnologie), raakskerm en bewegingsopsporing, asook ‘n reeks speletjie-TV’s en -skerms met Formule 1 e-sim-resieservarings toegerus.

Mylpaal vir Hisense SA

Hisense het die Suid-Afrikaanse mark in 1996 betree en het in 2013 ‘n fabriek in die Atlantis Industrial Park (Wes-Kaap) oopgemaak. Hierdie was ‘n belangrike stap in plaaslike vervaardiging. Hisense staan vandag trots as leier en sterk rolspeler in die uitvoer mark en ook in die ontwikkeling van premium tuisvermaak- en slimtoesteltegnologie.

Om hierdie mylpaal van 29jaar in Suid-Afrika te vier, het Hisense SA die opening van sy eerste premium handelswinkel in Canal Walk inkopiesenteum in Kaastad aangekondig. Net in tyd vir die 2025 se ‘Black Friday Sale.’

Ter afsluiting het Nortjie gesê dat die opening van die handelswinkel meer as ʼn viering van Hisense SA se groei verteenwoordig, “maar ook van die maatskappy se belegging in plaaslike vervaardiging, vaardigheid ontwikkeling en werkskepping is.” Sy sê voorts dat meer inligting volgende maand bekend gemaak sal word.

Hisense SA bly daartoe verbind om, nie net as die voorste huishoudelike naam in tegnologie te groei nie, maar ook om ‘n betekenisvolle rol in die gemeenskap te speel. Die maatskappy versterk voortdurend sy betrokkenheid by die ontwikkeling en opheffing van gemeenskappe deur volhoubare vennootskappe en opheffingsinisiatiewe.  Hisense se toewyding tot die Suid-Afrikaanse jeug, onderwys en sport gaan nie ongesiens nie.

Met ‘n visie breër as finansiële voordeel gebruik Hisense SA tegnologie en as dryfkrag om ‘n positiewe sosiale verandering regoor die land mee te bring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief