Hofbeamptes vas vir bedrog

Lees ook :

Foto ter voorstelling

POTCHEFSTROOM. Twee hofbeamptes en twee medebeskuldigdes het op 29 Mei in die hof op ’n aanklag van bedrog verskyn.

Daar word beweer dat die beskuldigdes, ’n onderhoudsbeampte, ‘n onderhoudshof-ondersoekbeampte en twee lede van die publiek, ’n man en ’n vrou, saamgespan het om die bedrogskema te dryf.

Volgens ’n verslag uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ‘n 60-jarige klaer in Brits die hofbestuurder genader. Op sy beurt het die hofbestuurder ’n interne ondersoek begin. Dit het gelei tot die opening van ‘n kriminele bedrogsaak namens die slagoffer. Luidens die verslag het die slagoffer R240 000.000 se skade gelei as gevolg van die insident wat in 2022 plaasgevind het.

Na bewering het die verdagtes ‘n vrou valslik as die slagoffer se tweede vrou voorgestel. Nadat ‘n aansoek om gade-onderhoud glo voltooi is, is ‘n hofbevel deur die onderhoudsbeampte onderteken. Die bevel het die bank gemagtig om die die geld in die vrou se rekening inbetaal, waarna die geld na bewering onder die vierstuks verdeel is.

Beide werknemers van die departement van justisie het tydens die ondersoek uit hul poste bedank. Hulle pensioenfondse word egter weerhou hangende die uitkoms van die strafsaak.

Tshilumela Rakhadani (46), Anza Devon Mphephu (30), Alpheus Manda Kabinde (51) en Mamello Unice Morapedi (24) sal na verwagting weer op Donderdag, 23 Julie 2026 in die streekhof voorkom.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van Noordwes, genl.maj. Ryno Naidoo, het lede van die publiek versoek om versigtig te wees wanneer hulle private inligting rakende hul aftreefondse deel.

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief