Met die somer hier en temperature wat styg, waarsku nood- en veiligheidsorganisasies ouers en versorgers teen die gevare van kinders en hitte in voertuie. Self ān paar minute wat ‘n kind alleen in ‘n voertuig gelaat word, kan fataal wees. Volgens internasionale data is meer as 1āÆ010 kinders wĆŖreldwyd oor die afgelope 25 jaar oorlede aan hitteberoerte nadat hulle in warm motors agtergelaat is.
Onlangse voorvalle van kinders wat in motors oorlede is, sluit ān 3-jarige meisie by Seshego (Oktober 2025) en drie kinders in Bolebedu (Januarie 2024) in, wat oorlede is nadat hulle in motors toegesluit was. Volgens ER24 en ChildSafe styg die temperatuur binne ān motor vinnig. Selfs op matige dae kan ‘n kind se liggaamstemperatuur drie tot vyf keer vinniger as diĆ© van volwassenes oorverhit.
Die temperatuur in ‘n motor kan binne enkele minute met 10 -15āÆĀ°C styg. ‘n Motor wat in die son geparkeer is met ān buitetemperatuur van ongeveer 24āÆĀ°C, kan binne 10 minute binne minstens 10āÆĀ°C warmer word en binne 30 minute kan die binnetemperatuur tot 50āÆĀ°C styg. Hitteberoerte kan opgedoen word – met kinders wat meer vatbaar is as volwassenes. Kinders kan nie maklik uit ān motor kom as hulle vas is nie, veral nie as ‘n kinderslot gestel is, of ‘n kind in ‘n stoeltjie vasgegespe is nie. Selfs ān paar minute kan tot bewusteloosheid en breinskade lei. Gesluite motors beperk lugvloei. Ouers en versorgers word gemaan om voorsorgmaatreĆ«ls toe te pas om kinders te beskerm.
- Moenie kinders ooit alleen in ‘n motor laat nie, selfs nie vir ān kort rukkie nie.
- Maak dit ān gewoonte om altyd te kyk dat niemand op die agtersitplek vergeet is nie, voordat jy die motor toesluit.
- Parkeer in die skaduwee en vermy lang periodes van direkte sonlig op die voertuig.
- Wees bewus van weerwaarskuwings oor warm weer en pas roetes of tyd van vervoer aan.
- Leer kinders, indien oud genoeg, om te waarsku as hulle in gevaar is.
- As jy ān kind alleen in ān motor sien, bel onmiddellik nooddienste.
Die voorbeelde hier bo wys hoe vinnig ān gewone situasie kan in ān tragedie kan verander. Deur konsekwent voorsorgmaatreĆ«ls te tref, kan ouers en versorgers voorkom dat kinders aan hitteberoerte blootgestel word.
Bronne: TimesLive, TimesLive, ER24, ChildSafe, NHTSA, MotorHappy,





