Hugenote-tonnel tydelik gesluit ná busbrand

Lees ook :

Foto's: Dreakenstein Munisipaliteit

WES-KAAP. – Die Hugenote-tonnel in die Paarl is sedert vanoggend vroeg (Saterdag) vir verkeer gesluit, nadat ‘n bus weens ‘n elektriese fout binne-in die tonnel aan die brand geraak het.

Volgens die Drakenstein-munisipaliteit se brandweerdiens, wat saam met die tonnel se brandspan op die toneel was, is al die passasiers betyds ontruim. Een persoon het ligte beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vervoer. Geen verdere beserings is aangemeld nie.

Die tonnel sal gesluit bly totdat dit weer veilig is om te gebruik. Motoriste word versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak totdat die tonnel heropen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief