Indiensnemingsproses vir nuwe polisiebeamptes begin, terwyl ontplooiing in Kaapstad afneem

Lees ook :

Foto's: SAPD en Burgemeester Geordin Hill-Lewis

Die polisie het bevestig dat die werwingsproses vir nuwe beamptes tans aan die gang is met die eerste fase van die keuringsproses. Gordon Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, sê egter op sosiale media die ontplooiing van polisiebeamptes het gedurende die afgelope vier jaar met 15% afgeneem.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê 5 500 nuwe polisiebeamptes moet aangestel word en duisende aansoekers het in al nege die provinsies met psigometriese en integriteitstoetse begin. Volgens die polisie bestaan die veelvlakkige keuringsproses verder uit ’n fisieke fiksheidsevaluasie, veiligheidsondersoeke en ’n mediese ondersoek om te verseker dat slegs die mees geskikte kandidate aangestel word. Alhoewel jongmense wat aan die basiese vereistes voldoen, genooi is om aansoek te doen vir die poste, sal voorkeur gegee word aan dié met ’n tersiêre kwalifikasie op NKR-vlak 6 of hoër, asook aan persone met ’n bestuurslisensie.

Teen 18 Julie het die polisie vir die 5 500 adverteerde poste reeds meer as ‘n miljoen aansoeke ontvang. 334 765 van die aansoekers is gegradueerdes met kwalifikasies in onder meer polisiekunde, regte en forensiese ondersoek. Aansoekers word aangeraai om geduldig te bly, aangesien werwingspanne met geskikte kandidate in verbinding sal tree. Die nuwe rekrute wat aangestel word, sal na verwagting gedurende 2026 opgelei word. Die aanvangsdatum van opleiding sal nog bevestig word.

Volgens Hill-Lewis is daar tans sowat 1 300 minder polisiebeamptes in Kaapstad as vier jaar gelede. Hy het verder gesê dat die Stad Kaapstad in dieselfde tydperk sy eie Metropolisie en wetstoepassingsafdelings met 1 263 nuwe beamptes versterk het. Die stad het nou meer meer operasionele voertuie beskikbaar as die polisie en gereed om misdaad te beveg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief