Paula Swart het baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie ooghare nie.
Toe Derick Boland toe trek en tydelik blyplek nodig het, beland hy in Paula se huis. Hy daag egter nie alleen op nie. In sy arms is ’n vuil, verwaarloosde brakkie wat hy langs die pad opgetel het en summier Paultjie gedoop het. Teen wil en dank moet Paula leer om Derick én Paultjie te verdra. Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?
Veilige hawe vir die hart deur Marilé Cloete is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://bit.ly/4cIHgPe
#BederfJouself #Modern #VeiligeHaweVirDieHart #MariléCloete #Romanza
*ADVERTENSIE
Lees ook: Geluk aan die drie gelukkige lesers wat wegstap met ‘n Romanza-geskenkpak!