Kinderbeskermingsweek skop af in Hawston

Lees ook :

Foto bron: Overstrand Munisipaliteit

Organisasies van Hawston het kragte saamgesnoer om op die veiligheid en welstand van kinders te fokus. Kinderbeskermingsweek het amptelik op 25 Mei 2026 in die Overstrand afgeskop.

’n Netwerk van plaaslike skole, sorgorganisasies en belanghebbendes is bymekaargebring. Dié inisiatief, gelei deur die Hawston-biblioteek, het ‘n platform geskep vir organisasies om ervarings te deel en uitdagings te bespreek wat kinders en gesinne in die gebied in die gesig staar.

Sentraal tot die dag se besprekings was vanjaar se tema: “Die Beskerming van Kinders is Almal se Verantwoordelikheid.”

“Dit is in ons hande om die siklus van verwaarlosing, geweld en uitbuiting van kinders te stop,” het wyksraadslid Arnie Africa gesê. Hy het die eenheid wat in sy wyk getoon is, geprys.

Ouers en gemeenskapslede is aangemoedig om betrokke te raak by projekte wat kinders veilig en van die strate af hou.

“Elke kind verdien veiligheid, waardigheid en beskerming teen misbruik, verwaarlosing en leed.” Só het Onderburgemeester Elnora Gillion saam met Africa gestem. Sy het voortgegaan om ouers te maan om seker te maak dat hulle te alle tye weet waar hulle kinders is.

Die gemeenskap is verder aangemoedig met die woorde van Nelson Mandela te onthou, “Daar kan geen skerper openbaring van ‘n samelewing se siel wees as die manier waarop hy sy kinders behandel nie.”

Kinderbeskermingsweek duur voort tot 5 Junie.

Bron: Overstrand Munisipaliteit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief