Kleuterseun (2) verdrink toe stroom hom meesleur

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ’n Tweejarige seuntjie, Sibusiso Mnisi, het Dinsdag tragies verdrink nadat hy in ’n stroom naby sy huis meegesleur is.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane, het Thapiseng Mnisi, die kleuter se ma, gesê hulle woon naby ‘n stroom. Die kleuter was volgens haar in die huis aan die slaap toe sy dit verlaat het om oor die stroom te gaan. Sonder dat sy dit geweet het, het hy haar gevolg en probeer om die stroom op sy eie oor te steek. Die sterk stroom het hom egter meegesleur en hy het verdrink.

Nooddienste is ontbied en het die kind op die toneel dood verklaar. Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen om die omstandighede rondom die voorval verder te ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief