AUSTRALIë. – Die koeler weer wat voorspel is vir Melbourne, waar die Australiese Ope-tennistoernooi tans gespeel word, het toeskouers in hul duisende laat terugkeer vir tennis uit die boonste rakke. Maandag se skare van 50 000 het gister tot 21 000 gekrimp toe ‘n maksimum temperatuur van 42.7 by die bane gemeet is.
Terwyl geen ongevalle aangemeld is weens Dinsdag se hittegolf nie, het owerhede in Victoria gewaarsku teen drie veldbrande wat buite beheer woed.
Die kwarteindstryd tussen Aryna Sabalenka en Iva Jovic was die laaste wedstryd wat Dinsdag buite gespeel is. Die dakke van die hoofbane is daarna toegetrek, terwyl spel op die buitebane opgeskort is.
Bronne: abc NEWS, DW





