Kollegas en kykers betreur geliefde weeraanbieder se dood

Lees ook :

Foto's: Anika en Abri de Beer

Anika de Beer (33), ’n bekende en geliefde metereoloog en weeraanbieder op televisie, is op 26 Oktober ná byna vyf jaar van gesondheidsuitdagings oorlede. Anika het onlangs bestraling vir ‘n breingewas ontvang.

De Beer het toe gesê: “Mense vra dikwels vir my ‘…maar Anika, hoe gaan dit regtig…?’ waarop ek dan antwoord: Met elke terugslag is daar BAIE benoude oomblikke, trane, teleurstellings en onsekerheid. Veral die laaste een met die onverwagte breingewas en gevaarlike operasie, die rehabilitasie en bestraling. Tog is die dokters optimisties met hoe die operasie verloop het, die rehabilitasie en bestraling gaan ook regtig goed en in Augustusmaand het ek ‘n skoon PET-skandering gehad (behalwe vir die stukkie gewas wat ons bestraal). 🙏 ‘n Mens fokus op die hier en nou en hanteer en veg die uitdaging op hande. Verder in hierdie is hoe ek my kankerreis aanpak. Jy ‘celebrate’ elke liewe oorwinning, maak nie saak hoe klein nie. Daar is baie goed om oor bekommerd te wees, en dit is ook in ons gedagtes, maar ons fokus soveel ons kan op die positiewe, want dit gee hoop. So ja, dit gaan régtig beter as wat dit die laaste paar weke gegaan het. Die glimlag is een van dankbaarheid en hoop. Dankie vir almal se volgehoue liefde en ondersteuning. Ek, Abri en ons families waardeer dit oneindig baie. Baie liefde, Anika”

Abri de Beer, haar man, het die nuus van haar heengaan op sosiale media gedeel en gesê sy het haar laaste dae tuis deurgebring, omring deur haar geliefdes en haar honde. Hy beskryf haar as dapper, getrou en standvastig gedurende haar siekte. Hy versoek ook vir privaatheid en sensitiwiteit terwyl die familie rou. “Haar stralende persoonlikheid, sagte hart en pragtige, vriendelike glimlag sal altyd in ons harte voortleef,” het Abri geskryf. Hy het bygevoeg dat hulle vashou aan die belofte van ’n vreugdevolle weersiens in God se hemelse koninkryk. Besonderhede oor haar begrafnis sal op ‘n gepaste tyd gedeel word.

Huldeblyke en medelye stroom op sosiale media in.

Vox Weather, waarby Anika onder meer betrokke was, het ook hulde gebring en haar beskryf as ’n “sonnestraal-kryger” wie se positiewe gees, vreugde en glimlag die wêreld ’n beter plek gemaak het. Anette Botha van Vox Weather het gesê: “Vandag verloor die wêreld jou lig, maar die hemel kry ’n engel… jy laat ’n see vol trane agter, maar ook berge vol herinneringe.” Anika de Beer word onthou vir haar warmte, positiewe ingesteldheid en die vreugde wat sy aan kollegas, kykers en almal rondom haar gebring het.

OntbytSAKE op kykNet en kykNET&kie het ook met groot hartseer Anika se afsterwe op sosiale media bekend gemaak.

Die besonderhede van Anika se begrafnis sal later bekend gemaak word.

Lees die aankondiging van Anika se man, Vox Weather en Anette Botha van Vox Weather hier onder:

Abri de Beer: It is with great sadness that we announce the death of our beloved Anika de Beer.

After a courageous journey through health challenges lasting almost five years, she was on 26 October called home to our heavenly Father, having completed her earthly race.

In all her trails she remained brave and steadfast in her faith. Her last days and moments were at home, surrounded by her loved ones and her cherished dogs.

For the family and her husband, Abri, who so faithfully supported her, this is a difficult farewell. We ask for sensitivity and consideration, allowing them the space and time to mourn this significant loss.

We thank the Lord for the precious years he lent Anika to us. Her radiant personality, kind heart and beautiful, friendly smile will always remain in our hearts. We also hold steadfast to God’s promise that, though we are parted for a time, there will be a joyful and eternal reunion in His heavenly kingdom.

Details regarding Anika’s funeral will be shared in due time.

Vox Weather: The Weather community mourns a SUNSHINE WARRIOR ☀️🫶☀️

Rest in Peace ST-Anika ⭐️ You’re light shines forever

Anette Botha from Vox Weather: Anika 14/02/1992 – 26/10/2025

You have always been a sunshine child, Anika the Weather – St-Anika with your positive spirit igniting, your joy that overflows, and your smile that the world made it a better place. Today the world loses your light, but heaven gains an angel. Anika, I have always looked up to you – You leave a sea full of tears, but also mountains full of memories behind. See you again, my sunshine friend you let your light shine bright and every single one of us Made a better person next to you

OntbytSAKE: Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde, Anika de Beer, bekend maak.💔

Ten spyte van verskeie gesondsheidsterugslae in die afgelope 5 jaar, het sy haar aardse wedloop op 26 Oktober oorwinnend voltooi en is sy in die hemelse Vaderhuis opgeneem.

In haar beproewing was sy moedig en standvastig in haar geloof. Haar laaste paar dae en oomblikke was sy by die huis omring deur haar geliefdes en met haar dierbare honde aan haar sy.

Vir die familie en haar man, Abri, wat haar in alles so getrou bygestaan het, is dit ‘n swaar afskeid. Ons vra daarom sensitiwiteit en bedagsaamheid in die wete dat hulle nou tyd nodig het om hierdie groot verlies te verwerk.

Ons dank die Here vir die jare wat Hy Anika aan ons geleen het. Haar innemende persoonlikheid en pragtige, vriendelike glimlag sal ons altyd bybly en in ons harte voortleef. Ons hou ook vas aan die vaste belofte van ons God dat daar, ná ‘n tyd van skeiding, ‘n blye en ewige weersien sal wees.

Die besonderhede van Anika se begrafnis sal later bekend gemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief