GAUTENG. – Siviwe Gwarube, die minister van basiese onderwys, het die publiek genooi om op voorgestelde wysigings aan die nasionale beleid vir die bepaling van skoolkalenders vir openbare skole in Suid-Afrika kommentaar te lewer .
Volgens Gwarube tree sy op ingevolge artikel 3(4)(k)(i) van die Nasionale Onderwysbeleidswet, 1996 (Wet No. 27 van 1996) en het sy na oorleg met die raad van onderwysministers besluit om insette van belanghebbendes en die publiek te vra.
Die konsepbeleid is beskikbaar op die webwerf van die departement van basiese onderwys. Die voorgestelde wysigings beoog om die skoolkalender landwyd te standaardiseer en om ou bepalings oor gespreide kalenders, verkeersfaktore en streekverskille te verwyder.
Volgens die departement kan alle belanghebbendes hul kommentaar skriftelik aan die direkteur-generaal van basiese onderwys rig.
Voorgestelde kernveranderings aan die beleid stel onder meer voor dat die vorige praktyk waar binnelandse en kusprovinsies verskillende openings- en sluitingsdatums gehad het, verander word. Alle skole sal voortaan dieselfde kalender volg. Dus, geen afsonderlike kalenders per streek meer nie. Skole sal in die derde week van Januarie open. Skoolkwartale sal nie meer op Maandae begin nie, maar op ‘n Woensdag en onderwysers moet twee dae vroeër rapporteer (op Maandag).
Druk hier om meer te lees.






