KYK: Eden stel nuwe somersnit vry

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

Die groep Eden, wat vroeër vanjaar na die verhoog teruggekeer het, het ná die sukses van hulle vorige liedjie, Kom Klop Weer, ‘n nuwe enkelsnit genaamd Gee My, bekend gestel.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê Eden het gedurende September by die Afrikaans is 100 Jaar Groot-konsert na die verhoog teruggekeer en ook by die Afrikaans is Groot-konsert in Pretoria verras. “Nou is Jay du Plessis, Paulo Azevedo en Sean Else terug met nog ‘n vars oorwurm vir jou klankbaan vir Desember. Gee My is deur Marco van Deventer en Georic Lomas geskryf.

Paulo Azevedo sê die snit fokus op die liefde, wat nog altyd deel van Eden se musiek was. “Ons musiek gaan nog altyd oor liefde en ’n goeie tyd. Daarom was dit maklik om ’n dansliedjie te skryf wat dit kombineer.”

Sean Else sê die liedjie sluit perfek aan by dit waarvan aanhangers hou. “Gee My vang kuier, dans en saam sing vas, maar met ’n moderne, energieke klank wat pas by die somer.”

Jay du Plessis verduidelik dat die kreatiewe proses altyd spontaan verloop. “Dis altyd baie pret om aan ’n Eden-liedjie te werk. Omdat ons drie vriende is wat al lank saam stap, kan ons die kreatiwiteit laat vloei.”

Volgens die groep is Gee My ’n ligter liefdesliedjie wat geskik is vir enigiemand. Azevedo het bygevoeg dat hulle tans nuwe musiek maak omdat hulle dit wil doen. Die groep beplan ’n reeks eksklusiewe optredes in 2026, asook moontlik nuwe vrystellings.

Gee My is hier op digitale platforms beskikbaar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief