KYK: Elandré stel dansvloertreffer ‘Skud’ vry

Lees ook :

Foto: Anton Ferreira

Elandré, die sanger met sy diep stem, bederf sy aanhangers met ‘n splinternuwe enkelsnit van sy album wat later vanjaar die lig gaan sien.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die veelbekroonde sanger en liedjieskrywer is terug om sy aanhangers met dié dansvloertreffer te bederf. Dit is ‘n energieke viering van vryheid, beweging en musiek.

Die veelsydige sanger het onlangs ‘n duet saam met Demi Lee Moore, genaamd Iemand Soos Jy, vrygestel en bewys volgens Nel hy is net so tuis met hartroerende ballades as dansvloertreffers. Elandré sê Skud is deur die beste aand uit wat hy ooit ervaar het, geïnspireer. Die sanger het verjaar en was in Australië op toer. Hy beskryf die aand as onvergeetlik en reg, met musiek, vriende en dans.

Skud is ’n terugkeer na die dansvloer, ‘n plek wat ek gemis het. My eerste keer in ’n club het my verander en vrygemaak. Ek wou daardie gevoel in klank en kleur vasvang. Skud is gebou om jou op die dansvloer te hou. Die dromers gaan dans op hierdie een! Afrikaners hou van dans, ons ken van kuier, en hierdie liedjie is op ’n missie om te vermaak en te verlei. Ek hoop mense hoor die nostalgie van die 80’s en 90’s se synth-pop-klank en waardeer dit,” sê hy.

Skud is deur Elandré self geskryf en is deur Graaff vervaardig. ‘n Musiekvideo vir Skud is deur Christian Wolf vervaardig, wat ook die musiekvideo’s van Vuur op die Water en Tussen die Lakens behartig het. Nel beskryf in Skud se video word Elandré as ‘n musikaliteitsverkoper, oftewel ‘n korporatiewe danskommandant wat ‘n vervelige vergadering in ‘n spontane danspartydjie omskep, voorgestel. Die video se danspassies is deur Liam Anthony uitgewerk en word deur dansers van Tailormade Group uitgevoer.

“Die produksie was ambisieus en het verskeie liggings, tegnici, dansers en my ondersteuners betrek. Ons het Heartfelt Arena, Spotify, en WeWork in Rosebank as stelle gebruik. Hulle het hulle deure vir ons oopgemaak en ek’s dankbaar,” sê Elandré.

Nel sluit af deur te sê: “Met Skud wys Elandré dat hy nie net ’n meester van liriek en melodie is nie, maar ook natuurlike vermaak en weet hoe om ’n gehoor aan die beweeg te kry, op die dansvloer én daarbuite.”

Skud kan op alle stromingsdienste hier gekry word. Elandré kan op alle sosialemediaplatforms gevolg word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief