KYK: Een sterf tydens ongeluk van weermagbus en mynbakkie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Die Siyathemba-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n ongeluk tussen ’n bus van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en ’n mynbakkie op die R380.

Sers. Molefi Shemane sê die ongeluk het Donderdag omstreeks 18:40 plaasgevind. Die bestuurder (38) van die bakkie is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die manlike passasier is met ernstige beserings per ambulans na die Postmasburg-hospitaal geneem. Geeneen van die SANW-lede wat op die bus was, het beserings opgedoen nie, maar is vir skok behandel.

Die ondersoek duur voort en enigiemand met relevante inligting word gevra om AO Lebogang Toyane by 082 454 3746 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief