Kyk hier watter Mitchum-produkte velirritasie kan veroorsaak

Lees ook :

Foto's: Mitchum

SUID-AFRIKA. – Mitchum Suid-Afrika het bevestig dat sommige verbruikers velirritasie ondervind het ná die gebruik van sekere lotte van Mitchum 48-uur 100 ml roll-on, wat plaaslik verkoop is. Geen ander produkte word geraak nie.

Volgens die maatskappy is die formule nie verander nie, maar ’n wysiging in die vervaardigingsproses van een van die grondstowwe het ’n negatiewe reaksie by sommige verbruikers ontlok. Mitchum het gesê hulle het teruggekeer na die oorspronklike proses en werk saam met kleinhandelaars om alle items van die spesifieke lotte van die rakke te verwyder.

Die betrokke produkte kan aan hul lotnommers, wat op die onderkant van die verpakking gedruk is, geïdentifiseer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief