KYK: Mosselbaai-brandweerman red papegaai uit 20 m hoë boom

Lees ook :

Foto's: Phillip Vermaak

WES-KAAP. – Flóki, ’n African Grey-papegaai, is ná twee dae se soektog danksy die vinnige optrede van Mosselbaai se brand-, reddings- en rampbestuurdienste veilig terug by sy eienaar. Adrian Cairns, ‘n brandweerman, het die 20 m hoë boom uitgeklim waar Flóki vasgesit het.

Flóki, wat drie maande gelede by die Maree-gesin in Hartenbos aangesluit het, het op 1 Oktober uit die huis gevlieg. Sy eienaar, die gebaretaaltolk Ronel Maree, het saam met bure en vriende tevergeefs na hom gesoek. Hy is later op ’n kragkabel naby die bouperseel van die Garden Walk Mall en daarna in ’n boom by Monte Christo opgemerk. Toe alle pogings om hom terug te kry, misluk, het Ronel die hulp van Leon van Dyk, die raadslid vir gemeenskapsveiligheid, ingeroep. Kort daarna is brandbestryders ontbied.

Cairns sê: “Toe ek by hom kom, het hy sommer rustig op my hand geklim. Van daar het ons saam afgeklim.” Cairns is geen vreemdeling as dit by dierereddings kom nie. In die verlede het hy onder meer ’n katjie van die dak van die Langeberg Mall afgehaal.

“Ek het geen woorde om die publiek wat gehelp het te bedank nie, maar veral die brandweerspan en Adrian wat Flóki vir my teruggebring het. Hy is deel van my familie,” sê Ronel, oorstelp van dankbaarheid.

Hoewel die Mosselbaai-brandweer se kernfokus noodreaksie is, lewer hulle, waar moontlik, ook humanitêre bystand aan die gemeenskap.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief