MPUMALANGA. – Jan Naudé, ‘n onderwyser van Hoërskool Middelburg in Mpumalanga, het dieselfde registerklas van graad 10 tot 12 gehad. Op dié klas se laaste skooldag het hy volgens ‘n klasgebruik die afgelope drie jaar met ‘n laaste samesang afgerond.
Naudé het die leerlinge na sy klas toe teruggenooi, aan elke leerder ’n briefie met die woorde van Beasts of England uitgedeel en hulle gevra om dit vir oulaas saam met hom te sing. Volgens ‘n sosialemediaplasing van die skool het die bekende melodie die klas gevul terwyl ’n paar dogters trane moes afvee.
“Mnr. Jan Naudé het van graad 10 tot 12 dieselfde registerklas gehad. Hy het hulle gereeld vermaak deur Beasts of England in die klas te sing. Met die graad 12’s se laaste skooldag het hy hierdie groep, wat so diep in sy hart gewortel is, teruggenooi na sy klas. Daar het hy aan elke leerder ’n briefie met die woorde van Beasts of England uitgedeel en gevra dat hulle dit vir oulaas saam met hom sing. Terwyl die bekende melodie deur die lokaal weerklink het, het ’n paar dogters stil-stil trane afgevee.”Mag julle vir altyd hierdie spesiale oomblik saam met mnr. Jan in julle harte koester – ’n herinnering aan drie kosbare jare!”





