KWAZULU-NATAL. – ‘n Hoëspoedjaagtog deur Marshall Security Vrydagaand in Durban het het tot die inhegtenisneming van drie mans wat glo ‘n selfoon by ’n bekende winkelsentrum in Cornubia geroof het, gelei.
Tyron Powell van Marshall Security sê die operasionele sentrum het omstreeks 18:30 ‘n oproep oor ’n rooftog van ‘n selfoon ontvang. Die verdagtes het in ’n wit VW Polo gevlug. Die verdagte voertuig is later op pad na Durban-Sentraal opgemerk. Toe beamptes hulle probeer voorkeer, het die bestuurder glo teen hoë snelheid weggejaag, verskeie rooi ligte verontagsaam en roekeloos bestuur. Die hoëspoedjaagtog het in Argyleweg naby die M4 geëindig toe die VW Polo met ’n ander voertuig gebots het. Drie mans is op die toneel aangekeer. Verskeie selfone, insluitend die gesteelde toestel, is gevind. Daar is ook vasgestel dat die voertuig vals registrasieplate gehad het.
Lede van Durban-Sentraal-polisie het die verdagtes en bewysstukke vir verdere ondersoek oorgeneem. Volgens Powell word die mans ook met ander rooftogte in die groter Durban-gebied verbind.
Druk hier om meer te lees.





