KYK video-opnames: Creativity se vordering padlangs – op pad na die see – vasgevang

Lees ook :

Foto: Mooi Weskus

WES-KAAP. – ’n Nuwe vaartuig, genaamd Creativity, het ‘n rit padlangs onderneem om haar plek in die see in St. Helenabaai in te neem. Die sleepwa wat Creativity vervoer, het ‘n indrukwekkende 96 wiele. Creativity is deur Sachal Boat Yard in Vredenburg gebou en haar vervoer na St. Helenabaai is Maandag aangepak. Die boot se amtelike terwaterlating word vir Woensdag beplan.

Die stadige en noukeurige vervoerproses het volgens betrokkenes goed verloop. Inwoners het die besonderse rit langs die roete dopgehou. Die aankoms van Creativity word as nóg ’n positiewe toevoeging tot die plaaslike vloot en maritieme bedryf aan die Weskus beskou.

Plaaslike inwoner Robert Gortmaker het op die Mooi Weskus Facebook-blad die vertrek aangekondig en dit as ‘n besondere oomblik vir die sreek beskryf. “The new lady is on her way! Welcome to the fleet,” het hy geskryf. Gortmaker het ook die eerste van verskeie video’s gedeel wat die stadige maar bestendige vervoer van die vaartuig wys. Hy doen ’n beroep op inwoners om enige foto’s of video’s van die proses aan hom te stuur. Inwoners het hul beste wense oorgedra vir die reis.

Forget Me Not Crafts sê dit is maar die derde of vierde gebeurtenis van dié aard wat hulle in 13 jaar kon gade slaan en sê jy wil beslis nie in die verkeer agter die Creativity beland nie.

Bronne: Mooi Weskus, Robert Gortmaker, Forget Me Not Crafts

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief