Landbouminister beëindig lidmaatskap glo oor nie-ondertekening van dokument

Lees ook :

Foto: Danie Odendaal Facebook-blad

John Steenhuisen, die minister van landbou, het Donderdag die lidmaatskap van dr. Danie Odendaal van die minsteriële taakspan vir beheerde siektes, met onmiddellike ingang beëindig. Dr. Odendaal het glo nie ‘n vereiste verklaring onderteken nie.

Volgens ’n skriftelike kennisgewing gedateer 10 Februarie is alle lede van die taakspan verplig om ’n onpartydigheids- en vertroulikheidsverklaring te onderteken. Die verklaring bepaal onder meer dat lede geen aktiwiteite mag onderneem wat hul integriteit kan benadeel of tot ’n botsing van belange kan lei nie. Die departement het aangedui dat dr. Odendaal tot op hede nie die vereiste verklaring onderteken het nie. In die lig hiervan is sy lidmaatskap van die taakspan formeel beëindig.

Steenhuisen het hom bedank vir sy dienste tot dusver.

Odendaal het op 7 Februarie ‘n sosialemediaplasing (hier onder gesien) gemaak waarin hy die bekendstelling van die sogenaamde “nuwe” bek-en-klouseer-entstof as misleidend bestempel, aangesien die entstof reeds in 2022 geregistreer en vroeër met belastinggeld ontwikkel is. Hy voer aan dat versuim om dit betyds te lisensieer en op groot skaal te vervaardig, bygedra het tot die huidige uitbrekings en groot verliese in die landbousektor. Volgens dié standpunt is die beperkte beskikbaarheid van dosisse nou onvoldoende om die krisis te beheer en word die situasie as ’n ernstige administratiewe mislukking bestempel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief