Lewenslange tronkstraf ná kind se liggaam in driepootpot gekry is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – ‘n Beskuldigde (27) is deur die Mtubatuba-streekhof lewenslange tronkstraf vir die moord op sy vyfjarige niggie opgelê. Die kind het tydens Oujaarsvieringe van 2024 vermis geraak, waarna haar liggaam deur familielede in ‘n wit sak in ‘n driepootpot gevind is.

Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die slapende kind is omstreeks 23:00 deur die man uit haar slaap, in Enkanjini, Hlabisa, na sy shack gedra. Daar is opgemerk hoe hy haar na buite dra. Toe die familie die Nuwejaar buite wou aftel, het hulle die verdagte, onderweg na sy nabygeleë shack, met ‘n wit sak opgemerk. Dit was toe dat daar opgemerk is dat die kind weg is.

Die familie het begin soek en die beskuldigde is ondervra. Hy het gesê die kind is by sy shack. Daar is sonder sukses na haar gesoek. Toe die beskuldigde weer ondervra is, het hy weggehardloop. Die familie is terug na sy shack waar die kind in die sak in die pot aangetref is. ‘n Bloedbesmeerde mes het daarnaas op die vloer gelê.

Die beskuldigde het hom later by die polisie aangemeld en sy daad erken. Hy is in hegtenis geneem. Tydens die verhoor is bewyse van ooggetuies, polisiebeamptes, nadoodse verslae, DNS-toetse en fotografiese bewyse aan die hof voorgelê. Die meisie se ma het ook ter strafverswaring oor haar trauma, oor wat haar broer gedoen het, in die hof getuig.

Benewens lewenslange tronkstraf is die man ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam is in die Nasionale Kinderbeskermingsregister opgeneem. Die nasionale vervolgingsgesag sê die vonnis onderstreep die erns van misdade teen kinders en bevestig die samelewing se verpligting om die mees kwesbares te beskerm.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief