WES-KAAP. – Die liggaam van Graham Howes (38), die vlieërplankryer van Bloubergstrand, wat Sondag by Eden on the Bay vermis geraak het, is Maandag in die see gekry.
Volgens Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, is Howes se vlieërplank-seil en -plank Maandagoggend in die see gekry. Later is sy liggaam deur die bemanning van ’n plaaslike motorjag, wat ook aan die soektog deelgeneem het, in die soekgebied gevind.
Verskeie agentskappe, nood-en-reddingsdienste, sowel as private en kommersiële lug-, land- en seehulpbronne het aan die uitgebreide soektog deelgeneem. Die soekgebied het noordwes van Bloubergstrand in die rigting van Dasseneiland gestrek.
Howes se liggaam is aan patologiese dienste oorhandig.
“Die gesin het privaatheid versoek in hierdie moeilike tyd,” het Lambinon gesê.
Lees ook meer hier onder:





