Ma weer indringer af wat glo baba as ‘skild’ gebruik tydens plaasaanval

Lees ook :

Foto: Albert Theron

WES-KAAP. – ’n Jong ma van die Goederverwagting-plaas buite die Paarl moes glo tydens ‘n plaasaanval ’n indringer, wat met ‘n panga gewapen was, afweer terwyl haar twee jong kinders in die huis was. Die verdagte het na bewering probeer om haar babadogter (1) te ontvoer. Die baba se klere en doek is glo uitgetrek en sy is as ’n “skild” gebruik terwyl die verdagte in die huis was.

Albert Theron vertel Vrydag in ‘n sosialemediaplasing op Facebook die verdagte was sowat 20 minute lank in die woning by sy dogter en haar kinders, terwyl sy makkers glo buite gewag het. Die ma kon uiteindelik daarin slaag om die verdagte af te weer. Volgens Theron kon die situasie noodlottig geëindig het, as sy dogter nie kalm gebly en vinnig opgetree het nie. Daar word voorts beweer dat die polisie en veiligheidsdienste min ondersteuning gebied het.

Nuusflits het polisiekommentaar oor die plaasaanval gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief