Man dood en 2 ander gewond in skietvoorval op R300

Lees ook :

Foto: Lima Charlie 1

WES-KAAP. – Die Delft-polisie het hulle vanoggend (Maandag) omstreeks 09:15 na die toneel van ’n skietvoorval op die R300, Driftsands, gehaas. ‘n Man (32) met noodlottige skietwonde is aangetref. Nog twee mans is gewond en na ‘n mediese fasiliteit vervoer.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die oorledene is op die toneel dood verklaar. Die motief vir die aanval vorm deel van die polisie se ondersoek. Die verdagte(s) het die toneel verlaat en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Delft-speurders ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.

Enigiemand met relevante inligting oor hierdie skietvoorval word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief