NOORD-KAAP. – Die Plooysburg-polisie is op soek na Gordon Marko Adams (45) vir sy beweerde betrokkenheid in ‘n poging tot moord ná ’n aanval op ’n 20-jarige vrou op 23 November op die plaas Kaldroom.
Volgens lt.kol. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, het ’n bekende man by die vrou se huis opgedaag en haar na ’n kamer gevolg, waar hy haar glo met sy vuis in die oog geslaan het. Hy het daarna na bewering ’n okapimes en ’n panga uitgehaal, haar naby die regteroog gesteek en haar linkerarm gekap voordat hy gevlug het. Die slagoffer se neef het hulp ontbied nadat die verdagte gevlug het.
’n Saak van poging tot moord is geopen. Enigiemand met relevante inligting oor waar Adams hom bevind, kan speur.sers. Piet Langeveld by 060 963 6164 of 053 582 8000 bel. Litabe sê Adams kan moontlik in Kimberley, Kuruman of Ganyesa wees.





