Man in hospitaal ná giftige slangbyt

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

Meer foto’s in berig.

KWAZULU-NATAL. – ’n Man (33) is Donderdag na die Osindisweni-regeringshospitaal geneem nadat hy by ‘n steengroef in Canelands deur ‘n slag gepik is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing die man en die dooie slang in ‘n plastieksak is net ná 12:00 deur ‘n kollega na dié diens se hoofkantoor geneem. Hy is deur paramedici gestabiliseer en onmiddellik vir behandeling aan sy regterhand na ‘n hospitaal vervoer.

Die kollega het Rusa meegedeel dat die man tydens werk by die steengroef gepik is. Die slang is op die toneel doodgemaak en vir identifikasie saam met die man geneem. Dit is later as ’n rombiese nagadder, bekend vir ‘n donker V-vorm op sy kop en soortgelyke ruit-patrone op sy rug, geïdentifiseer, waarvan die gif sitotoksies is en veral weefsel aantas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief