Man vir ‘huishoudelike geweld’ in hegtenis, vriendin steek glo motor aan brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – ’n Man (24) is Maandag in verband met ’n beweerde aanval op sy vriendin (31) in Umlazi in hegtenis geneem. Tydens beweerde huishoudelike konflik het hy ook glo haar motor beskadig en sy het op haar beurt glo sy motor uitgebrand.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, het die man die vrou na sy woning ontbied om haar besittings te gaan haal. Daar het hy glo die vrou met sy hande en ’n pyp aangerand en ook gebyt. Die vrou het na haar voertuig gehardloop, maar die man het haar glo gevolg en die agterruit van die motor beskadig.

Tydens die polisie-ondesoek het dit aan die lig gekom dat die vrou, wat tans in die hospitaal is, brandwonde opgedoen het toe sy haar vriend se motor aan die brand gesteek het. Die motor het heeltemal uitgebrand. Ná hospitaal-ontslag sal die vrou op aanklagte van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging teregstaan.

Volgens die polisie het die paartjie ’n geskiedenis van wedersydse klagtes teen mekaar. Vorige sake het nie noodwendig huishoudelike geweld betrek nie. Die polisie doen ’n beroep op mense in romantiese of huishoudelike verhoudings om hul konflik vreedsaam op te los of hulp te soek by vertroude persone, sodat geweld vermy kan word.

Die man sal binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief